Paul
en
Anneli

Ons het lief omdat God ons eerste lief gehad het – 1 Joh 4:19

Twee paaie wat die Here laat kruis het op Sy tyd.

Die perfekte tyd!

Laat die
Avontuur
Begin

ONS VERHAAL

ONTMOETING

Ons ontmoet in Weiveld. (Dankie Lallie dat jy verjaar het en Nicole dat jy ons aan mekaar voorgestel het.)

EERSTE “DATE”

Koffie by Irene Plaas. Daardie oggend, is “Vers-‘n-dag” se e-pos: “Ware liefde is wonderlik, oorweldigend en slaan jou asem weg. Wie sal ooit die liefdestaal verstaan tussen twee mense wat dolverlief is op mekaar?” En sowaar, toe ons by Irene plaas ry is ons altwee se asems weggeslaan.

VERLOWING

Ons is oppad Mosambiek toe vir ‘n langnaweek saam vriende. Na ‘n baie lang rit en nog 2 ure se staan om deur die grens te gaan het Anneli haar vervalde paspoort ingepak en weier hulle dat ons oor die grens gaan. So rustig soos net Paul kan wees, is ons oppad St Lucia toe om die beste van die slegte saak te maak. Na ‘n gesukkel om verblyf te kry is ons twee toe uiteindelik oppad strand toe met ‘n lekker yskoue biertjie. Met die branders wat voor ons breek, die son wat agter ons sak en met God se mooi natuur om ons, gaan Paul op sy knieë en vra Anneli om sy vroutjie te wees.

Hou die datum oop

22 JULIE 2017

JY WORD HARTLIK UITGENOOI OM TE KOM DEEL IN DIE VREUGDE VAN HIERDIE SPESIALE OOMBLIK

ONS TROUDAG

Seremonie begin

13:30

Groepfoto

15:15

Voorgereg bedien buite kapel

15:30

Mnr & Mev van der Nest sluit aan by die onthaal

16:45

Hoofgereg

17:30

Dansbaan word geopen

19:00

Daar is nog twee opsionele geleenthede wat plaasvind oor die naweek.

Vrydagaand

Bring-en-braai 17:30 by Magalies Manor

Sondagoggend

Ontbyt enigetyd tussen 8:00 en 10:00 by Black Horse Brewery Restaurant (R100 per persoon)

Ons tel die dae af
Rsvp voor 1 Julie 2017
RSVP

RSVP